Monday 11 August 2014

SUSANNA WILHELMINA DE BEER (née Pelser)

  1. Ons moeder, Susanna Wilhelmina De Beer (née Pelser) is van Duitse herkoms.  Sy het aanvanklik haar primêre skoollopbaan aan die Model Laerskool in Bloemfontein begin waarna sy aan die Oranje Meisieskool haar sekondêre skoolloopbaan voltooi het. Sy was deel van 'n skooltoergroep van die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) wat die opening van die gewilde strandoord, Hartenbos, neffens Mosselbaai, bygewoon het.  Haar bynaam was "Meisie" en was 'n dierbare mens met 'n innemende en vriendelike persoonlikheid.  Sy was 'n wyd belese persoon wat 'n liefde vir lees by al haar kinders gekweek het.  Sy het 'n ryke verbeelding gehad en kon kinderstories sonder moeite optower.  Veral slapenstyd het selfs die kleinkinders 'n groot deel van haar verbeeldingstogte meegemaak. 

No comments:

Post a Comment

E-mails