Monday 5 September 2016

Kallie de Beer private dokumente versameling

Orania argief en kultuur historiese bewaarplek;  my boeke versameling in casu "Die Nasionale Party" asook twee publikasies oor genl. J BM Hertzog waaraan ek gehelp het met navorsing dmv klankargief opnames, is aan Orania se bewaarplek oorhandig.  My navorsing oor ons De Beer familie vertakking is by 'n harde kopie van Diwwie en Jaleen de Beer se volledige genealogiese werk aangeheg. Die Genealogiese vereniging van Suid Afrika het Diwwie en Jaleen uitgesonder vir 'n spesiale toekenning vir die mees volledigste navorsing oor die geskiedenis van 'n Suid Afriksanse familie. My persoonlike legger bevat onder meer diverse navorsinngsprojekte wat die volgende onderwerpe behels:  * Begaafde kind onderwys,  * Afstandsonderwys en Oop Leer metodiek,   * Militêre Inligting in die SAW, *  MA verhandeling oor "Dr DF Malan as Minister van Buitelandse Sake:" en 'n doktorale proefskrif oor "Die diplomatieke strategie van dr Hilgard Muller teen die totale aanslag op die RSA".  Die uitvoerende hoof van die Orania bewaarplek, mnr Sebastiaan Biehl, verwelkom die besluit om dit as 'n oop versameling volgens hulle navorsingsonderwerpe te integreer met ander toepaslike boekery en argivale indelings.

No comments:

Post a Comment

E-mails