Monday 21 July 2014

Troufoto van BP en SW de Beer


Ons ouers se troufoto voor die De Bloem NG Kerk, Bloemfontein.  Die De Bloem NG kerk is van die meer gevestigde gemeentes gewees in die jare 1945. Die gemeente bestaan meesal uit spoorwegwerkers maar huisves ook die destydse Sentraal laer-en Ho"erskool koshuise. Tesame met die Spoorweg Hostel en sportgronde  was daar ook 'n Rooms Katolieke Kerk en Spoorweg Kinderhuis. Dubbelverdieping woonstelle en gedeelde woonstelle aan woonhuise het die  lidmate getalle opgestoot.  Ons ouers het 'n gedeelde woonstel / huis kompleks in Blignault straat gehuur. Later jare het die NG pers se gebou daarop verrys. Bybels en veral sending pamflette in al die Suider Afrikaanse Swart tale was daar gedruk asook klank kassette met christelike boodskappe, opvoerings en opnames  Die destydse dominee PSZ Coetzee, Oom Pietie, was 'n gewilde en bekende predikant in De Bloem.  Hy het ook die eerste Staatspresident van die destydse Republiek van Suid-Afrika, advokaat Charles Robbert Swart ingehuldig..



No comments:

Post a Comment

E-mails